Honderdjarige Oorlog | |||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Skildery uit die Romantiek van Johanna van Arkel by die Beleg van Orléans. | |||||||||
| |||||||||
Strydende partye | |||||||||
Huis van Valois Ondersteun deur: Frankryk Kastilië Skotland Genua Majorka Bohemië Kroon van Aragon Bretagne (Blois) |
Huis van Plantagenêt Ondersteun deur: Engeland Boergondië Bretagne (Montfort) Portugal Navarra Vlaandere Hainaut Akwitanië Luxemburg Heilige Romeinse Ryk |
Die Honderdjarige Oorlog het betrekking op die periode van 116 jaar (1337 tot 1453) waartydens Frankryk en Engeland in talle konflikte gewikkel was, afgewissel deur tydperke van kort of langere wapenstilstande. Die oorlog het begin toe Eduard III van Engeland 'n défi (oorlogsverklaring) aan die koning van Frankryk Filips VI van Valois gestuur het. Die Verdrag van Picquigny, wat op 29 Augustus 1475 by Picquigny in Picardie onderteken is dui die amptelike einde van die oorlog aan. Die jaar 1453, toe die Engelse uit die hele Frankryk behalwe Calais verjaag is, word ook dikwels as die einde van die oorlog beskou.